Local newsNews

Lewensentrum reik uit met die hulp van Checkers

Die Oosrand Lewensentrum was in die bevoorregte posisie om op 11 September ‘n reuse skenking vanaf Shoprite Checkers te ontvang.

Na afloop van Checkers se Kers-expo, wat in Midrand gehou is, het hulle goedgunstig alle bederfbare kos, soos brood, koek, koeldrank, koue vleis, vis en verskillende soorte kaas, aan Lewensentrum se Hulp met Ritme projek geskenk.

Nadat al die kos opgelaai is deur die Lewensentrum-span opgelaai is, is die kosse herverpak en versprei na verskillende organisasies en behoeftige gesinne in Alberton, op die Oos-Rand en ook in die Vaaldriehoek.

Die organisasies wat by hierdie skenking gebaat het, is, onder andere; Itemba Rape and trauma Support Center, Whitehouse Healing Centre, Manger care Centre, Laerskool Northmead nasorg en voedingskema, Rynpark Ouetehuis, Alberton tuiste vir bejaardes, Jafta, Alberton Dienssentrum, Silwerkroon, Walking with Winners, Graham Mayfield bejaardes, Broken Wings, Alberton Aftree-oord, Môredou Ouetehuis, Dante Chan Christian Community Centre, Unity Children’s Home en Elsmed versorgingsoord vir bejaardes en gestremdes.

Die groep betuig hul dank aan Shoprite Checkers wat hul harte aan Lewensentrum oopgemaak het.

“Hierdie skenking het die Lewensentrum-span in staat gestel om God en mens op ‘n praktiese manier liewer te hê, deurdat 2 300 mense bedien kon word met die hulpmiddele,” het die Lewensentrum-span vertel.

Elke vrywilliger is ook bedank dat hulle gehelp het om die werk ligter te maak.

Soos Marie Antoinette gesê het: “Gee vir die mense koek om te eet.”

Die groep meen dat hulle, met die hulp van die skenking, die vreugde van lekker eet met mense kon deel, en dat hulle dankbaar daarvoor is.

Vir meer inligting oor die Oosrand Lewensentrum, skakel die kerk by 011 568 0790.

Related Articles

Back to top button