Local newsNews

Rynies se eerste ‘Amazing cook-off”

Die graad 7 leerderraad aan die Laerskool Rynfield se kookvernuf was op Vrydag, 25 April, getoets deur twee bobaaskokke; Annie Pavcovich van "Come Dine With Me" en "Tannie Poppie" (Coetzer) van Kokkedoor, wie hulle uitgedaag het in hul eerste "Amazing Cook Off" spanbou-geleentheid.

Die groep was in sewe spanne verdeel en het twee rondtes, wat ‘n “pressure test” en ‘n “cook-off” ingesluit het, aangedurf.

Elke span moes ’n melkskommel, ’n salsa en ’n hamburger maak met bestanddele uit die spens.

Die kriteria waarop die maaltye beoordeel was, het hoe goed die kos voorgesit was ingesluit, asook die beste smaak.

Een van die organiseerders en seremoniemeester, Gys Hough, het beaam dat die aand ‘n sukses was en ons meegedeel dat hulle beplan om ander skole in die gemeenskap betrokke te maak in dié inisiatief.

Poppie het vertel die doel van die inisiatief was om kinders weer lief te maak daarvoor om kos voor te berei.

“Spanwerk is ook baie belangrik en kinders leer hoe om hul sterkpunte bymekaar te sit.”

Na ‘n aand van vet pret is die geelspan (groep een) as wenners aangewys.

Die organiseerders bedank al die borge van die geleentheid.

Vir ‘n foto gallery, besoek www.benonicitytimes.co.za.

Related Articles

Back to top button