Local newsNews

60 jaar van eindelose liefde

Die 10de Oktober merk die spesiale dag wat Thys (84) en Helie (83) van Lill hul 60ste huweliksherdenking saam vier.

Die egpaar, aanwonend aan die Norton Park aftreeoord in Brentwood Park, het op die datum in 1953 hul huwelik vasgeknoop.

Die van Lille het vanaf Vredendal, waar hulle ontmoet en getrou het toe na Kimberley verhuis, van daar af na Johannesburg in 1965, toe na Bloemfontein in 1987 en terug na Benoni in 2007.

Thys was ‘n bestuurder by Putco an Helie het by Standard Bank en die inkomstebelasting kantoor in Johannesburg gewerk.

As stokperdjie geniet Thys om ‘n verskeidenheid boeke te lees.

Helie hou van brei en doen graag naaldwerk.

Die egpaar het twee kinders, Thys van Lill en Alta de Klerk, ses kleinkinders en een agterkleinkind.

Alta het gesê dat die voorbeeld wat hulle as egpaar aan hul kinders gestel het hul altyd sal bybly.

“Hulle was altyd daar vir mekaar deur dik en dun.

“Hulle liefde vir mekaar en hulle families en hulle onwrikbare geloof in God is ‘n voorbeeld vir almal in hulle lewe en iets om na te streef,” voeg sy by.

Related Articles

Back to top button