Local newsNews

Benoni se eie skoonlief

“Ek het nog altyd die begeerte gehad om na ander mense wat in nood verkeer uit te reik en iets vir hulle te beteken.”

So sê Nadia Retief, ‘n 16-jarige leerling aan die Hoërskool Brandwag en een van die finaliste in die Lady Gracious skoonheidsprogram.

“Sodoende het my drama-afrigter, Louw Breytenbach, my voorgestel aan die Lady Gracious-projek.”

Nadia beskryf Lady Gracious as ‘n skoonheidskompetisie vir die siel.

“Ons samel, in samewerking met Suret Stroh (organiseerder) en ander dames, geld in vir Jayden Pletschke (5), ‘n seuntjie wat amper verdrink het,” voeg sy by.

“Hy het breinskade opgedoen en die kostes beloop ‘n stewige bedrag wat die enkelmamma (Monique) van Jayden nie het nie.”

“Die naweek van 1 en 2 Junie het ons dames ‘n spanbousessie gehad.

“Selfvertroue is aangeraak en ons het ook oor geloofsake en oor vergifnis gepraat.”

Hierdie skoonheidsprogram, aangebied deur Suret Stroh, is gebaseer op Christelike waardes.

“Ons lewe in ‘n wêreld waar daar op die uiterlike gekonsentreur word; ek wil so graag net vir elke dame sê hoe pratige en kosbaar sy is deur God se oë,” sê Stroh.

As deelnemer moes elke kandidaat ‘n bedrag insamel om te kwalifiseer as ‘n finalis.

‘n Kandidaat-bladsy is deur elke finalis ontvang, waarmee hulle na maatskappye of familie lede toe kon gaan om hul borge aan te teken.

‘n Gedeelte van die fondse gaan aan Jayden en ‘n ander gedeelte gaan aan New Beginnings, waar Stroh meen hulle vir duisende hawelose mense van kos gaan voorsien.

“In die nabye toekoms sal daar ‘n modevertoning wees, ten bate van die Care Center New Beginnings, in Boksburg, en Jayden,” het Nadia gesê.

Stroh brei uit dat hierdie liefdadigheids- en bekendstellingsfunksie op 7 September gehou sal word, gevolg deur die beoordelings- en kroningsgeleentheid op 26 Oktober, by die Birchwood Hotel, in Boksburg.

Lady Gracious se inskrywings sal aan die einde van Oktober oop wees vir die volgende jaar se deelnemers, en sluit op 28 Februarie 2014.

Daar is drie ouderdomskategorieë waarin vroue kan inskryf.

Elke jaar word daar iemand anders gekies aan wie die fondse gaan.

Vir verdere inligting, besoek die webblad www.lady-gracious.co.za, waar inskrywings ook aanlyn gedoen kan word.

Nadia het afgesluit met “Lady Gracious – we are crowned for His glory.”

Related Articles

Back to top button