BusinessInternational

Afslaers vier 50 jaar in Benoni

Die plaaslike Petit Afslaers het onlangs hul 50ste verjaardag gevier.

Die plot-gebaseerde besigheid is in Junie 1966 deur Willie van Coppenhagen en Dawid Bekker gestig.

Die veiling het destyds bekend gestaan as “Van Coppenhagen en Bekker Afslaers”.

“Die eerste paar veilings is gehou op ‘n oop stuk grond, met net ‘n paar draadkampe vir die diere,” sê huidige mede-eienaar, Percy Steenkamp.

“Met die vooruitgang en ondersteuning van die gemeenskap, het die kantoor van ‘n skamele sambreel gevorder na ‘n karavaan en, later van tyd, ‘n bus.

“Vandag spog ons met ‘n heel moderne kantoor, asook twee groot verkooplokale met ‘n gelisensieerde restaurant vir aansit en wegneemetes.”

Die naam het in 1977 na Petit Afslaers verander, nadat Dawid Bekker besluit het om weg te breek.

Volgens Steenkamp het die veiling oor die jare ‘n sterk bydrae gelewer aan die gemeenskap, insluitend kerke en skole.

“Die veiling was ook baie bekend vir die alombekende danse wat elke Saterdagaand daar gehou is, met opvoerings deur bekende orkeste soos Eddie Edwards en Jan Henning,” voeg hy by.

“Willie van Coppenhagen is in 1994 oorlede, waarna die besigheid aan sy vrou toevertrou is.”

Haar dogter, Lida van Coppenhagen-Steenkamp, en skoonseun, Percy Steenkamp, het die bestuur van die besigheid in 1997 oorgeneem, weens gesondheidsredes.

Die Steenkamps is nog steeds betrokke by die veiling en Jaco Pretorius is aan die stuur van sake.

“Van 1966 tot nou, het die besigheid egter so vooruitgegaan dat daar nou drie veilings per week gehou word, met vlooimark staanplek, asook ‘n kroeg,” sê Lida.

Die veilings word op Dinsdae om 6nm, Vrydae om 6nm en Saterdae om 10vm gehou.

Also read:

Manage your own wealth

Mega Mall is link in aerotropolis chain

New business offers wide variety

Follow us on these platforms:

Like our Facebook page and follow us on Twitter.

For news straight to your phone invite us:

WhatsApp: 079 431 2006
Instagram: benonicitytimes.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button