Riana tree op by Barnyard

Nel is ’n multi-platinum verkoper en is terug met haar tweede album, Die Regte Tyd, wat reeds 100 000 eenhede verkoop het.

Sy is een van die land se grootste popsterre en met haar plat-op-die-aarde houding en kreatiewe komposisies wat sy binne enkele sekondes optower, is dit geen verrassing dat Nel een van die top verkopende vroulike kunstenaars is nie.

Aanhangers is lief vir en vind maklik aanklank by Nel se plaasmeisie geaardheid.

Sedert 2012 raap Nel toekennings in vir haar sang- en skryftalent.

Haar eerste album Die Moeite Werd is in 2012 as beste pop album by die Tempo Toekennings vereer en in 2013 het sy die gesogte beste liedjieskrywer titel met Johan Vorster by die Ghoema Afrikaanse Musiektoekennings gedeel.

Nel tree om 8nm by The Barnyard Theatre op 14 Augustus op.

Kaartjies beloop R150 per persoon en is beskikbaar aanlyn of kan direk aangekoop word by The Barnyard Theatre.

Exit mobile version