Nataniël by AGS Lofoord

Sedert die veelsydige Nataniël sy solo loopbaan in 1987 afgeskop het, met sy eerste treffer, Maybe Time, het hy 15 albums bekendgestel, meer as 60 teaterproduksies die lig laat sien en 14 boeke vrygestel.

Nie net het hy homself as vervaardiger, regisseur, skrywer en openbare spreker in sy loopbaan van meer as twee dekades gevestig nie, maar hy word ook gereken as Suid-Afrika se voorste solo verhoogkunstenaar.

Uitgesproke en soms kontroversieël, wissel Nataniël voortdurend tussen alternatiewe kunsvorme en die hoofstroom, is hy gereeld in die publieke oog en besit hy ‘n kultusaanhang onder sy uiteenlopende aanhangers.

Sy baie gewilde rubriek, Kaalkop, verskyn vir die afgelope 10 jaar in die tydskrif Sarie.

Die rubrieke word in boekvorm uitgegee en Kaalkop drie volg op die sukses van Nataniël se vorige versamelings rubrieke, Kaalkop en Kaalkop twee.

Hy het ook onlangs ‘n bundel getiteld 150 Stories vrygestel.

Hy is ‘n ambassadeur vir Kinderwelsyn SA en staan aan die hoof van sy eie liefdadigheidsorganisasie, The Nataniël Progress Project.

Besprekings kan by Computicket gedoen word en daar is oudergewoonte ‘n lekker afslag vir groepe van meer as 10.

Skakel vir Lefra Produksies by 011 815-3000 vir verdere inligting, of stuur ‘n e-pos aan admin@lefra.com.

Back to top button