Krone 2 is amper hier!

Na die reeks uitverkoopte konserte van 2014, is die samestelling van Suid-Afrika se grootste kunstenaars gereed, om op 25 en 26 Julie, ’n musiekfees van formaat aan te bied.

Musiekliefhebbers word ’n splinternuwe fees van woorde en melodieë beloof wat ou saamsing wenners en die nuutste treffers insluit.

Krone gunstelinge Kurt Darren, Nicholis Louw, Ray Dylan, Heinz Winckler en Snotkop gaan beslis weer die gehoor vir dae sonder ’n stem laat en talentvolle gaskunstenaars soos Elizma Theron, Andriëtte, Manie Jackson en Adam Tas gaan die gehoor heel aand op hulle voete hou.

“Dit gaan ’n skouspelagtige aand van sing en dans wees en die skare se betrokkenheid gaan na ’n nuwe vlak geneem word in Krone 2,” sê Matthew Cook, vermaak en gebeurtenis bestuurder by Carnival City. “Aanhangers kan hulle hare loslaat en met hul gunsteling liedjies saamsing, sonder om ’n woord te mis.”

Saterdag se konsert begin om 7nm en Sondag s’n om 2nm.

Kaartjie pryse wissel van R150 tot R450 per persoon en is beskikbaar deur Computicket.

Back to top button