Du Plessis kom Oos-Rand toe

Die Namibiër sal ‘n variasie van haar grootste treffers, geestelik, country, asook ‘n paar nuwe liedjies op haar nuwe album, Toe Staan Die Wêreld Stil, opvoer.

Sy het haar loopbaan in 1998 afgeskop met haar debut-album, Juanita.

Sedertdien het sy haarself en meeste van haar kontemporêre kunstenaars oortref met miljoene vekope en verkeie toekennings.

Du Plessis tref die planke op 11 en 12 Desember.

Die opvoeringe begin om 8nm elke aand en sal by die Theatre of Marcellus gehou word.

Back to top button