Country Legendes en Vriende

Hierdie ongeëwenaarde byeenkoms van die legendes van Suid-Afrikaanse country musiek en ’n nuwe generasie van country sangers sal een van die grootste country vertonings ooit wees.

Voortbouend op die sukses van die vorige Country Legendes en Vriende, sal legendes soos Lance James, Barbara Ray, Clive Bruce, Sally Vaughn, Tommy Dell en Jody Wayne optree saam met hulle vriende, die superster Juanita du Plessis, Jason Bradley, Chantell Williams en die Rodeo Girls in ’n skouspel waarin dié kunstenaars weereens bevestig sal word as legendes en legendes-in-wording in die country musiek wêreld.

Besoek www.lefra.com of stuur ’n e-pos na info@lefra.co.za vir meer inligting.

Die vertoning begin om 8nm.

Exit mobile version