Boys, da vat hy

Sê-goed soos “Da vat hy”, “Okeey” en “Olraait” is nou algemeen onder Suid-Afrikaners wat nie die afgelope jaar onder ‘n klip geleef het nie.

Dit is alles te danke aan die internet kanaal, Radio Raps, en ‘n karakter met die naam Jonathan, vanaf die Oos-Rand.

Danksy Radio Raps se sukses op Youtube, is Jonathan nou die ou by elke byeenkoms, partytjie en geleentheid.

Radio Raps se oorspronklike materiaal op Youtube steek altesaam al by die drie miljoen kyke verby.

Sy lewendige optredes verkoop blitsvinnig uit en hy is ongetwyfeld tans een van die gewildste Afrikaanse komediante.

Raps sal op 5 en 12 Julie op die planke van die Theatre of Marcellus te sien wees.

Die deure maak om 2.15nm oop en die opvoering skop om 3nm af.

Daar sal ‘n ingangsfooi wees.

Back to top button