Bobby tref die Oos-Rand

Bobby se talent het nie ongesiens verbygegaan nie en, in 2006, is hy drie keer as Beste Nuweling in die 2006 Huisgenoot/Tempo toekennings genomineer.

Vanaf 2007 tot 2011 het Bobby elke jaar by die Huisgenoot Skouspel opgetree en, in 2006, het Theuns Jordaan Produksies vir hom ‘n platekontrak aangebied.

In Mei 2008 het Bobby met sy eie orkes begin optree.

Sy unieke en energieke optredes is landswyd deur die gehore geniet.

Bobby het in 2009 die hoofrol in ‘n Afrikaanse musiekrolprent, Liefling, losgeslaan en harde werk en baie talent het hom in sy loopbaan baie sukses gebring.

Bobby se nuutste album, “Wat Geld Nie Kan Koop”, is reeds vrygestel en het rekord verkope behaal.

Dit staan al amper op dubbel platinum.

Die een-aand opvoering begin om 8nm in The Barnyard Theatre en daar is ‘n ingangsfooi.

Back to top button