Local newsLocal sportNewsSport

Marks kwartet maak hul merk

Die gesin mik en skiet hulle ‘Marks.’

Die skerpskiet Marks gesin het opslae gemaak tydens die onlangse IPSC Afrika Kontinentale Handgeweer Kampioenskap.

Die vier het van 20 tot 28 September in Stilfontein uitgespan waartydens hulle meegeding het teen deelnemers van 24 lande.

As die jongste skutte wat aan die super junior kategorie on die produksie divisie deel geneem het, het Lumé (10) en Ruben (9) Marks geseëvier tydens hul eerste deelname op internasionale Vlak IV skietsport.

Ruben het met gemak sy derde plek op die podium verseker met ou sus, Lumé kort op sy hakke in vierde plek.

Trotse pa, Lionel is gekroon as die beste mans deelnemer tydens die kompetitsie terwyl Ruben ‘n Presidensiële medalje as die jongste deelnemer ontvang het.

Die jong lat met ‘n valkoog, is verder vereer met ‘n Presidensiële medalje tydens die kampieonskap se glans gala.

IPSC President, Vitaly Kryuchin van Spanje, het die Leeuwenhof Akedemie leerling luidkeels geprys vir sy vernuf en vasberadenheid tydens die kompetisie asook sy verandwoordelikheidsin in die hanteering van sy vuurwapen.

Die trotse pa, Lionel het ook geskitter in sy eie reg, en het as die wenner in die mans kategorie weggestap.

‘Bestuurder’ van die span, Michel die algeheel agste plek verwerf.

LEES OOK: Jong skutte laat die skote klap

LEES OOK: KYK: Leerders laat die skote klap by eerste Target Sprint Kompetisie

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button