Local newsNews

Plaaslike AfriForum-tak kraai koning by nasionale kongres

Die tak spog tans met 2 000 plaaslike lede.

Lede van die AfriForum Benoni-tak het gejubel en juig toe hulle gedurende die organisasie se jaarlikse nasionale kongres, op 25 Augustus, as die nasionale tak van die jaar asook die streeks buurtwag van die jaar aangewys is.

Die plaaslike tak het deel gevorm van 172 takke en 177 buurtwagte wat die aangeleentheid in Bela-Bela bygewoon het.

“Dit ‘n besonderse eer om erkenning te ontvang vir ons werksaamhede,” het Jurie Ferreira, distrikskoördineerder Oos-Rand van gemeenskapstrukture gesê.

“Dié tak staan kop en skouers uit danksy die toegeweide bestuurspan, patrolleerders en lede wat atkief deelneem aan verskeie gemeenskap gedrewe projekte. Hulle is die hartklop van die stad.”

Landswyd bestaan AfriForum uit sowat 300 000 lede, waarvaan ongeveer 2 000 voortdurig ‘n verskil maak in Benoni.

Tydens die afgelope jaar het Benoni buurtwag meer as 63 000km afgelê gedurende omvattende patrollies.

Patrolleerders het verder gesamentlik meer as 9 000 ure toegewy om gemeenskap veiligheid te bevorder.

Volgens die tak voorsitter, Archie Mouyis, was die tak daartoe in staat om hul veiligheidsinfrastruktuur uit te brei met die toevoeging van ‘n motorfietseenheid, opgeleide hommeltuigvlieëniers, lisensieplaatkameras asook ‘n toegewyde beheerkamer.

“Ek is onsaglik trots op die toekennings omdat dit ons onstuitbare toewyding aan die gemeenskap verteenwoordig,” het hy gesê.

Lede het hulself verder bemoei met hul deelname aan die organisasie se nasionale slaggatmaand, waartydens lastige slaggate in buurtes soos Northmead, Rynfield en Farrarmere gevul is.

“Ons het ook hulp verleen aan verskeie plaaslike welsyn organisasies waar ons met hart bystand gebied het aan die stad se jeug en bejaardes,” het Mouyis gesê.

Die taklede het verder hul toewyding aan die opknapping van die stad se noordelike voorstede gewys deur deurgangs hand by te sit by Clean Projects se opruimings projekte.

“Ek is bevoorreg om saam met ‘n groep entoesiastiese lede te werk wat daarna streef om hul gemeenskap met oorgawe te dien,” het die voorsitter breëbors gesê.

“Ons hoop om ons werksaamhede verder uit te brei en bevorder om sodoende meer ondersteuning te werf.”

LEES OOK: AfriForum bult spiere om paaie op te ruim

LEES OOK: AfriForum vul slaggate

   

Related Articles

Back to top button