Local newsLocal sportNewsSport

Berge deur Benoni oorrompel

Berge staan tans nog steeds ‘n kans om in die semi finale te kom.

Heidelberg Rubgyklub het op 3 Augustus teen Benoni Northerns in die Valke se Merlin Liga te staan gekom.

Die wedstryde was op Hoër Volkskool se veld beslis.

Benoni het soos die noordelike wind oor Heidelberg gewaai en het verspot maklik met 52-5 gewen.

Heidelberg se tweede span skop af.

In die begin was die spel gelykop en Benoni het hulle eerste drie eers in die 19de minuut van die wedstryd gedruk.

Daarna het hulle net na 30 minute se spel nog twee vinnige drieë gedruk. Al drie die drieë was verdoel.
Teen halftyd was die telling 21-0 in die guns van Benoni.

In die tweede helfte het Benoni ‘n verdere 31 punte aangeteken wat vyf drieë en drie doelskoppe ingesluit het.
Heidelberg het een drie naby die einde van die wedstryd gedruk.

Lynstaanspel tussen Heidelberg en Benoni.

Wat uitgestaan het was dat Heidelberg se verdediging nie op standaard was nie en baie sagte drieë die gevolg daarvan was.

Die skrums was ook onder geweldige druk en Benoni het menige balle by Heidelberg afgeneem.

Heidelberg se tweede span het nie geweet wat hulle tref nie en het 82-0 teen Benoni se tweede span verloor.
Heidelberg se volgende wedstryd is op 10 Augustus teen VUT in ‘n weg wedstryd.

Daar was geen wegkom kans vir Heidelberg in hulle wedstryd teen Benoni Northens.

Berge staan tans nog steeds ‘n kans om in die semi finale te kom.

Om dit te vermag sal daar aan verskeie aspekte gewerk moet word, om te verseker dat die teenstanders nie oor die voordeellyn kan kom en punte aanteken nie.

Also Read: Pretorius confident Storm will win league title

Also Read: Northerns leaves it late against Elsburg

   

Related Articles

Back to top button