High SchoolLocal newsLocal sportNewsSchool sportSchoolsSport

Brandwag kraai koning by rugby derby

Die rugby reuse het op 11 Mei kragte gemeet gedurende die jaarlikese rugby derby.

Tenspyte van hul tuisgrond voordeel, moes Hoërskool Hans Moore hul titel as 2023 Benoni Rugby Derby kampioene afstaan teen Hoërskool Brandwag.

Dreunsang het ge-eggo oor die rugbyvelde, op 11 Mei, toe die stad se rugbyreuse oudergewoonte kragte gemeet het in die seisoen se epiese toernooi, wat reeds in die 60s van stapel gestuur is.

Ten spyte van die feit dat Hans Moore dié naweek hul 103de verjaarsdag gevier het, kon die manne nie die mas op kom nie en het slegs drie uit nege wedstryde gewen, terwyl die o14B 19-19 geëindig het.

Hoërskool Hans Moore eerste span onder-kaptein Stephan Kellerman, Michiel Eksteen (o14A kaptein) en Keagen van Zyl, eerste span kaptein.

Keagen van Zyl, kaptein van Hans Moore se eerste span het op Mei 10 gesê die span was gereed was vir ‘n strawwe spel.

“Ons het dit tyd ingesit en het hard gewerk om ons wedstryd plan te bemeester,” het hy gesê.

“Ons wil fokus op ‘n skoon gedissiplineerde spel.”

Teen die einde van die spel was die telling 55-26 in Brandwag se guns.

Lid van Hoërskool Hans Moore se Old Boys Klub, Peet van den Berg en Keagen van Zyl.

Tussen deur die opgewondenheid, het voormalige leerders van die skool en lede van die nuutgestigte Hans Moore Old Boys Klub, die spelers bemoeding vanaf die kantlyne.

Geklee in sy eksklusiewe ‘Old Boys’ rugbytrui het Peet van den Berg gesê die wedywering tussen die skole woed reeds sedert 1961, toe hy as die eerste kaptein vir die eerste span op die veld gedraf het.

“Dit is ‘n voorreg om hier te wees om die manne te ondersteun,” het Van den Berg gesê, terwyl hy sy oorspronklike eerste span balkie aan Van Zyl oorhandig het.

Lede van die Hoërskool Hans Moore Old Boys Klub, Marius Lubbe (1981), Jannie Botha (1981), Peet van den Berg (1961), Koot Viljoen (1979) en Andrew Koen (1980).

“Sterk tradisies is die sleutel tot sukses vir enige skool. Ek hoop deur die stigting van ons klub dat ons ‘n aktiewe rol kan speel om die huidige leerders te motifeer om die vakkeldraers te wees van dié ryk geskiedenis en dus te verseker dat dit oorgedra word aan toekomstige geslagte.”

Oud Hans Moore asook dié wat deel gevorm het van Benoni Tegniese Skool word aangemoedig om lede te word van die klub.

Vir meer inligting kyk uit vir hul Facebook bladsy.

Uitslae van die dag se wedstryde was:
• Eerste span, Brandwag 55-26

• Tweede span, Brandwag 35-3

• Derde span, Brandwag 48-12

• o16A, Hans Moore 31-10

• o16B, Brandwag 50-0

• o15A, Hans Moore 24-5

• o15B, Hans Moore 6-5

• o14A, Brandwag 15-14

• o14B, gelykop.

LEES OOK: New Hans Moore principal is full of gusto

LEES OOK: Brandwag spog met 99.4% slaagsyfer

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Jani de Beer

Jani went from working as a student intern for the Boksburg Advertiser to being employed as a junior journalist in 2004. Taking time out to start a family, she returned to the Caxton family in 2022 as senior journalist for the Benoni City Times. Her passion is telling her community's stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button