CrimeLocal newsNews

Ysterperde ingespan om kleinhoewe te beveilig

Die motorfietse is reeds uit op patrolie en vorm deel van die organisasie se buurtwag.

Enjins het gebruil en die stof het gestaan toe AfriForum Benoni-tak twee nuwe motorfietse ontplooi het om deel te vorm van die hul landelike veiligheidsprojek.

Die plaaslike tak hou deurlopend die veiligheidsituasie op kleinhoewes, plase en landelike gebiede aan die buitewyke van die dorp met ’n valkoog dop en nou kan patrollies nóg makliker in dié gebiede plaasvind.

Die motorfietse vorm nou deel van die organisasie se arsenaal van veiligheidshulpmiddels sodat patrollies makliker deur die afgesonderde gebiede gery kan word.

Volgens Jurie Ferreira, Oos-Rand distrikskoördineerder het die organisasie gelet dat misdade soos beskadiging van eiendom, diefstal en inbrake gelydelik toeneem in kleinhoewe areas.

“Dié areas word toenemend geteiken deur misdadigers. Ons glo dit is as gevolg van die toestroming van buitelanders as ook leeglêers in die gebied,” het hy gesê.

AfriForum Benoni-tak se twee nuwe motorfietse, reg vir aksie.

“Ons buurtwag het gevind dat die gebruik van motorfietse strategiese voordele bied en sodoende vinnig op noodoproepe te reageer asook maklik ’n toneel kan fynkam.”

Ferreira het verder verduidelik dat die tak nou saam met ander gemeenskapstrukture soos die Gemeenskaps Polisiëringsforum, plaaslike sekuriteitsfirmas asook die SAPD werk ter voordeel van die gemeenskap se veiligheid.

“Inwoners van Benoni word genooi om aan te sluit by ons WhatsApp groepe om dus in direkte kommunikasie met die organisasie te wees,” het hy gesê.

Om by die groepe gevoeg te word stuur ‘n boodskap aan die voorsitter Archie Mouyis op 082 303 8007.

Vir nood bystand kontak 084 976 1234.

LEES OOK: AfriForum bult spiere om paaie op te ruim

LEES OOK: AfriForum does a ‘hole’ lot in Benoni

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button