Local news

Laerskool Northmead staan boeliegedrag tee

“Dit is belangrik om die bewusmaking van boeliegedrag by skole onder die leerders se aandag te bring.”

Leerders van Laerskool Northmed het ‘n spesiale besoek van AfriForum se gelukbringer, Matteus geniet.

Die burgerregteorganisasie se teenboelieveldtogspan het op 22 Mei die skool besoek, as deel van hul bewusmakingveldtog om leerders met die nodige moed en kennis toe te rus om afknouery in skole te stuit.

“Bewusmaking van boeliegedrag in skole is van kardinale belang, aangesien dit ’n veilige en inklusiewe leeromgewing vir leerders skep,” het Tania Scheepers, AfriForum se projekassistent vir onderwys, gesê.

“Deur bewustheid van boeliegedrag te verhoog, word leerders en personeel beter toegerus om gevalle van afknouery te herken, voorkom en takel.

“Die bevordering van empatie, respek en begrip bevorder ’n positiewe omgewing, wat leerders in staat stel om akademies, emosioneel en sosiaal te floreer terwyl hulle die vaardighede ontwikkel wat nodig is vir respekvolle en samewerkende interaksies regdeur hul lewens.

Leandie Bräsler, die organisasie se bestuurder vir jeugleierskap, sê dit is belanglig om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan.

“Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap,” het sy gesê.

Vir meer inligting oor AfriForum se teenboelieveldtog besoek www.teenboelie.co.za.

LEES OOK: Norrie gekies vir Valkespan

LEES OOK: Norries redenaars se tonge is los

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button