Local newsNews

VLU-tak nooi uit

Jasmyn nooi nuwe lede om deel te word van hul werksaamhede.

Die Vroue Landbou-Unie (VLU) Jasmyn is reeds hard aan die werk om die nuwe jaar met oorgawe aan te pak.

Die organisasie is nie gebiedsgebonde nie en nooi dus dames van Kempton Park asook Benoni om met hul werksaamhede in te skakel.

Die rol van die VLU is om dames se huishoudkundige vaardighede op te skerp en om nuwe vaardighede aan te leer deur interessante gassprekers die platvorm te bied om hul vernuf te deel.

Dié groep ontmoet elke tweede Donderdag by Norton Aftreeoord Brentwoodpark.

Vir meer inligting of om deel te word van dié dinamise organisasie skakel die voorsitter, Ronel du Plessis by 083 264 3486.

LEES OOK: KYK: Birchleigh VLU onthul hul nuwe naam

LEES OOK: VLU brei dat dit gons

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button