Local news

Brandwag spits hul aandag op boelies

Skool staan boelie tee

Gedurende Augustus het Hoërskool Brandwag hul aandag gespits op ‘n verskeindenheid vorme van boelie, as deel van die skool se jaarlikse bewuswordingveldtog.

“Boelie in alle vorme is ‘n algemene probleem in skole, maar spoel ook oor in die samelewening wat soms kan lei tot huishoudelike geweld,” het Cheree Avenaht, adjunk-hoof van die skool, gesê.

“Vir sommige kinders het boelie ’n verrykende effek, aangesien dit nie net op skoolgronde plaasvind nie maar verder oorspoel in kubber-boelie, wat die slagoffer 24-uur ‘n dag beinvloed.”

Marinda Beukes van die Avenues Residents Association.

Volgens Avenaht het die skool vir ‘n hele maand die bewuswording veldtog van stapel gestuur om kinders, veral meisies, te bemagtig om op te staan teen boelies.

Op August 27, het die skool die veldtog af gesluit met ‘n ope dag aan die gemeenskap se vrouens en meisies waartydens deelnemers kon luister en gesels met invloedryke gassprekers vanuit die gemeenskap.

Lynette Oxley van Girls on Fire het gepraat oor die bemagtiging van vroue wat slagoffers is van boelie en huishoudelike geweld.

“Wanneer jy in die grepe van geteikended boelie of geweld is, is dit maklik om minderwaardig en hulpeloos te voel,” het Oxley gesê.

“Dit is ons plig om mekaar te bemagtig en hulp te verleen waar moontlik sodat ons as vroue sterk kan staan as die mans in ons samelewing se ewekniee.”

Gassprekers Lynette Oxley van Girls on Fire (links) en wyksraadslid Lornette Joseph.

Marinda Beukes van die Avenues Residents Association het die platvorm gebruik om tieners aan te spreek oor hulle gedrag en geneigheid om ander te oordeel op hul voorkoms.

“Die dinamika, voor- en afkere van ‘n vriendskap groep het die mag om jou, as ‘n individu van jou identiteit te beroof,” sê Marinda.

“Ken jouself en wees gemaklik in jou menswees en waar jy onmin teëkom, praat! Om stil te bly teen vorms van geweld en boelie is die maklikste ding om te doen, wees ‘n uitstaan leier en praat. Emosionele letsels is blywend.”

Plakkate wat deur leerlinge onwerp is.

LEES OOK: Brandwag gekroon as Super-reeks wenners

LEES OOK: Brandwag skitter in eindeksamens

   

Related Articles

Back to top button