Local newsNews

Brief: Sinkgate vermeerder as gevolg van traag infrastruktuur onderhoud

Jean Kriek, VF Plus-raadslid vir die Ekurhuleni-metroraad

Jean Kriek, VF Plus-raadslid vir die Ekurhuleni-metroraad, skryf:

Die VF Plus in die Ekurhuleni-metroraad is bekommerd oor die toenemende vorming van sinkgate in die gebied, wat deels veroorsaak word weens die vorige ANC-regering se gebrekkige onderhoud van die water- en riool infrastruktuur.

Ongeveer 52% van die stad is op dolomietiese grond geleë en dit tesame met die swak ondergrondse water en riool infrastruktuur, vererger die vorming van sinkgate.

Die ANC-beheerde metroraad het geen aandag geskenk aan die rehabilitering van sinkgate nie en waglys van 10 tot 15 jaar hiervoor, het sodoende ontstaan.

In Katlehong en Skhosana het die situasie só versleg dat van die inwoners noodgedwonge hul huise moes ontruim nadat sinkgate onder hul huise gevorm het.

Die metroraad is nou verantwoordelik vir die sloping en herbou van die beskadigde Hop-huise.

Die koalisieregering van die metroraad, waarvan die VF Plus deel is, het R72-miljoen nodig om 60 sinkgate wat in die hele Ekurhuleni voorkom te rehabiliteer.

Die VF Plus is besorg oor die welstand van die inwoners van Ekurhuleni en daarom is die rehabilitering van sinkgate ‘n prioriteit en sal in die volgende begroting aangespreek word.

LEES OOK: Letter: Working together to bring hope to destitute communities of KZN

LEES OOK: Letter: Balance is important

   

Related Articles

Back to top button