CrimeNews

Vrou wie se liggaam aan die N12 gevind is, het nou ’n naam

Hulle het die liggaam positief uitgeken as dié van me. Lia Adeline (45), ’n Franse burger van die Seychelles.

Na ’n besoek aan Delmas deur die Franse Ambassade kon die liggaam van die ‘n onbekende vrou positief uitgeken word.

‘n Foto en ‘n beskrywing van ’n vrou wat as vermis aangegee is, is vandag, Woensdag 17 November, op sosiale media versprei.

Dié foto en die van die liggaam wat by die Groenfontein / Argent-afrit op die N12 op Vrydag, 22 Oktober gevind is, blyk dieselfde persoon te wees.

Die inskrywing op sosiale media nadat me. Lia Adeline, ‘n Franse burger, as vermis aangemeld is.

Die Franse Ambassade sowel as familielede, waaronder die slagoffer se 80-jarige moeder, het later vandag Delmas besoek.

Hulle het die liggaam positief uitgeken as dié van me. Lia Adeline (45), ’n Franse burger van die Seychelles.

Volgens kapt. Carla Hartley, mediawoordvoerder vir die Delmas Polisie, word alles tans in die stryd gewerp om die moordenaar aan die pen te laat ry.

Volgens kapt. Hartley word alle moontlikhede ondersoek en werk die slagoffer-identifikasiesentrum, sowel as Mpumalanga en Gauteng- Polisie hand aan hand om die gruweldaad te ontsyfer.

’n Vriendin van me. Adeline het bevestig dat sy op 21 Oktober vir die laaste keer met me. Adeline in kontak was.

Me. Lia Adeline (45), is op 22 Oktober in ‘n stormwatersloot aan die N12 gevind.

Streeknuus het vroeër berig dat ’n nadoodse ondersoek bevind het dat me. Adeline na alle waarskynlikheid dood is nadat sy met ’n gholfstok teen haar agterkop geslaan is.

Haar liggaam was op Vrydag, 22 Oktober deur verbygangers in ’n stormwatersloot aan die N12, rigting Witbank gevind.

Hierdie is ’n ontwikkelende storie, lees meer in die volgende uitgawe van Streeknuus.    

 

LEES OOK: 

Verbygangers vind vrou se lyk langs N12

LEES OOK: 

Polisie meen vrou is met gholfstok doodgeslaan

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button