EntertainmentLifestyle

Plaaslike musikant kraai koning by Afri-Indie musiektoekennings

Die talentvolle musikant het almal bedank wat hom ondersteun het.

Die talentolle musikant is opgewonde oor sy toekenning en glo dit gaan vir hom deure oopmaak.

Rynfield sanger Leroi Heunis het onlangs die Beste Lewendige Kunstenaar (Solo)-toekenning by die Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings vir sy enkelsnit My Layla ingepalm.

Die doel van die Afri-Indie-toekennings is om erkenning te gee aan onafhanklike kunstenaars
Heunis, wat gereeld in Boksburg optree, het gesê dat dit vir hom ‘n groot voorreg is om met die toekening weg te stap.

“Dit was regtig ‘n groot verrassing vir my. Ek glad nie verwag om te wen nie, maar dit was die lekkerste gevoel ooit.

LEES OOK: Trevor Nasser gesamentlik met plaaslike talent; moenie dit misloop nie

“Die toekenning gaan beslis vir my deure oopmaak in my loopbaan. Ek en my platebaas, Michael de Lange van Red Fox Entertainment, is besig aan ‘n nuwe treffer en musiekvideo te werk wat binnekort beskikbaar sal wees,” het die kunstenaar vertel.

Die talentvolle musikant het almal bedank wat hom ondersteun het.

“Ek wil dankie sê aan die mense wat agter my staan, Hannes Heunis, Michael de Lange, al my aanhangers en die Hemelse Vader.”

Heunis was ook benoem vir die Beste Manlike Kunstenaar en Beste Popliedjie deur ‘n Manlike Kunstenaar by Afri-Indie.

LEES OOK: Rudi Claase se loopbaan gaan steeds van krag tot krag

   

 

Related Articles

Back to top button