Local newsNews

René Borchers neem afskeid

René was voorheen baie betrokke by die Benoni Publisiteitsvereninging en by Hospice Oosrand.

Na 29 jaar van dans het René Borchers, sigter van die Renévive Sosiale Dansklub, op Oktober 1 afskeid geneem van dié klub.

ALSO READ:

Benoni High Class of ’69 together again

Die dansklub was gestig nadat haar man, Bunty Borchers, ’n uithaler baldanser, in 1983 oorlede is in ’n vliegtuigongeluk, en enkellopendes haar anngemoedig het om ’n bymekaarkomplek te stig waar hulle ander vriende kon ontmoet.

Sy het toe op ’n dansklub besluit aangesien sy self ’n enkeling en ’n baldanser was.

Van die lede wat vanaf een maand tot 29 jaar by hierde klub gedans het was teenwoordig by die afskeidsfunksie en ’n pratige ruiker was aan haar namens die dansers oorhanding.

René meld dat sy die klub en vriende wat sy by die dansklub gemaak het baie sal mis, maar dat sy uitsien om voort te gaan met al haar stokperdjies.

“Danse sal nog steeds Dinsdagaande plaasvind by John Barrabel-saal met die twee musiekmakers wat die klub oorgeneem het, naamlik Hannes Swart en Lucas Geyser. Ek wens hulle alles van die beste toe met hierdie onderneming,” sê René.

 

Related Articles

Back to top button