Robbie kuier by Barnyard

Hy kan jou laat lê van die lag, maar hy kan jou ook diep laat dink.

Hy het deur die jare gewys dat hy al die kante van die lewe kan beskryf en met sy nuwe album, Als Wat Ek Het, is dit ook nie anders nie.

Dié gebore Vrystater het in 2002 bekend geword as die karakter Poena in die gewilde TV-reeks Gauteng-alêng-alêng, en in 2005 het hy sy talent as sanger en liedjieskrywer ten toon gestel met die album, My Vissermanvriend se Pa.

Wessels tree by Emperors Palace se Barnyard Theatre op, op 4 September.

Die opvoering begin om 8nm en daar sal ’n ingangsfooi wees.

Back to top button