Liewe Heksie tref die planke in Julie

Die opvoering, wat die stories van ‘Liewe Heksie en die Tuindwergie’ en ‘Liewe Heksie en Botterblom’ insluit, word deur Lefra Productions vervaardig.

“Die storie van Liewe Heksie lê naby almal se harte hier by Lefra Productions,” sê regisseur, Frans Swart, wie vroeër as kameraman op die stel van die Liewe Heksie televisiereeks gewerk het.

Liewe Heksie se skryfster Verna Vels, het die verhaal van “Liewe Heksie en die Tuindwergie” kort voor haar afsterwe voltooi.

Met die hulp van kleurryke kostuums, vermaaklike verhoogstelle en die talentvolle geselskap akteurs word nuwe lewe in dié bekende karakters geblaas.

Ana van Achterbergh vertolk die rol van Liewe Heksie, Botha Enslin speel Mattewis die Kat, Anel du Plessis is Blommie en Phillru van Achterbergh speel Casper.

Die opvoering sal op 25 Julie by Carnival City se Mardi Gras Theatre te sien wees.

Kaartjies vir die Liewe Heksie produksie is beskikbaar deur Computicket en groep of skool besprekings kan direk by Lefra Productions bespreek word.

Back to top button