Lag lekker saam met Aspoestertjie

Gebaseer op die bekende sprokie, sal hierdie vervaardiging die pragtige Karlien van Jaarsveld in die hoof rol insluit, met Izak Davel as die prins en die vernuftige Soli Philander as die verteller.

Sprokie-gebaseerde “pantomimes” het al die norm in Suid-Afrika se komiese teater geword en dié een is verseker om jou na ‘n land van fantasie, avontuur en, die belangrikste, gelag, te neem.

Met vermaak vir die hele gesin, is hierdie romantiese komedie aangepas om dubbelsinnigheid in te werk, wat volwassenes aan stukke sal laat, terwyl kinders betower sal word deur die fantasie-kostuums, die dans en die saamsing.

Aspoestertjie is deur dieselfde span wat vir Ester en Liefling verantwoordelik is geskep, en is gewaarborg om nog ‘n musikale treffer vir Afrikaanse teater te wees.

Die opvoering vind by die Theatre of Marcellus, Emperors Palace, plaas.

Dit sal vanaf 1 tot 31 Mei op die planke wees, en begin van Woensdae tot Vrydae om 8nm, op Saterdae om 11vm, 3nm en 8nm, en op Sondae om 11vm en 3nm.

Vir meer gebeure, kliek hier.

Back to top button