EntertainmentLifestyle

Nataniël tree om die draai op; wen kaartjies

Sanger, liedjieskrywer en vermaaklikheidskunstenaar Nataniël besoek die AGS Lofoord in Springs op Saterdag, 25 Oktober, vir slegs een vertoning, as gas van die Vroue Landbou-Unie se Carpe Diem-tak.

Sedert die veelsydige Nataniël sy solo loopbaan in 1987 afgeskop het, met sy eerste treffer, Maybe Time, het hy 15 albums bekendgestel, meer as 60 teaterproduksies die lig laat sien en 14 boeke vrygestel.

Nie net het hy homself as vervaardiger, regisseur, skrywer en openbare spreker in sy loopbaan van meer as twee dekades gevestig nie, maar hy word ook gereken as Suid-Afrika se voorste solo verhoogkunstenaar.

Uitgesproke en soms kontroversieël, wissel Nataniël voortdurend tussen alternatiewe kunsvorme en die hoofstroom, is hy gereeld in die publieke oog en besit hy ‘n kultusaanhang onder sy uiteenlopende aanhangers.

Sy baie gewilde rubriek, Kaalkop, verskyn vir die afgelope 10 jaar in die tydskrif Sarie.

Die rubrieke word in boekvorm uitgegee en Kaalkop drie volg op die sukses van Nataniël se vorige versamelings rubrieke, Kaalkop en Kaalkop twee.

Hy het ook onlangs ‘n bundel getiteld 150 Stories vrygestel.

Hy is ‘n ambassadeur vir Kinderwelsyn SA en staan aan die hoof van sy eie liefdadigheidsorganisasie, The Nataniël Progress Project.

Besprekings kan by Computicket gedoen word en daar is oudergewoonte ‘n lekker afslag vir groepe van meer as 10.

Skakel vir Lefra Produksies by 011 815-3000 vir verdere inligting, of stuur ‘n e-pos aan admin@lefra.com.

 

Wen kaartjies

Een leser kan ‘n dubbelkaartjie na Nataniël in Konsert vir Saterdag, 25 Oktober, wen.

Om deel te neem aan Benoni City Times en Lefra Produksies se Nataniël-kompetisie, kan jy die volgende na 33000 SMS: Wen Benoni City Times Nataniël, dan jou naam en van en dan Benoni.

Dieselfde inligting kan ook per epos gestuur word aan wen@lefra.com, met Nataniël en Benoni City Times kompetisie as onderwerp.

Die kompetisiesluitingsdatum is op 23 Oktober, om middernag.

Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing is finaal.

SMSe kos R1.50 elk.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button