Local newsNews

‘Mini miracles’ van warmte in die gemeenskap

Lede en vrywilligers van die Oosrand LewenSentrum het Saterdag, 14 Junie, hul harte na meer as 380 individuele in die gemeenskap uitgereik, tydens hul Mini Miracles funksie.

Gesinne wie finansieel struikel is uitgenooi om die geleentheid, by die Hoërskool Hans Moore, by te woon, om komberse en kospakkies te ontvang.

‘n Kerkdiens is gehou en daarna het ‘n bord warm kos op hulle gewag.

Elke gesin het ook vier sakkies inkopies en komberse ontvang.

Organiseerder Natalie Marx het gesê dat Mini Miracles nie net nog ‘n liefdadigheids funksie is nie.

“Mini Miracles se doel is om persone in nood se lewens aan te raak, aan hul verlingting te bring,” het sy vertel.

Soortgelyke funksies is gelyktydig deur al vier van die LewenSentrum se gemeentes — Benoni, Alberton, Vanderbijlpark en die Wesrand — gehou.

“Ons mikpunt is nie net om ‘n verskil te maak nie, maar om ‘n impak op die lewens van honderde mense te maak, deur die liefde van God,” het Marx gesê.

Mini Miracles is ‘n voorloper van die gemeente se Big Miracles uitreik, wat op 24 December gehou sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button