Local newsNews

Wys julle snorre

Snorre, snorre en nog snorre was te siene by vanjaar se Snor Fees, in assosiasie met die "Movember" veldtog, waaraan mans kon deelneem deur hul snorre tydens November te laat groei, vir die bewusmaking van prostaat kanker.

Die fees is op Saterdag, 30 November, by Benoni Northerns Baseball Club gehou.

Alle fondse wat ingesamel is, sal aan die nasionale Vrede Foundation veldtog geskenk word, vir die bewusmaking van en geveg teen kanker.

Jong Benonianers het bymekaar gekom en fees gevier om die doel te ondersteun.

“Wat ons wil hê is vir Benoni se mense om meer betrokke te raak by hierdie doel,” het ‘n organiseerder, Emile Koekemoer, gesê.

Die organiseerders mik om die fees die “Oppikoppi van Benoni” te maak.

Stigterslid Alicia Pieterse het gesê dat Benoni ‘n klein, intieme dorp is.

“Hoekom nie Benoni meer bekend maak vir iets nie?” het sy gevra.

“Ek wil hê Afrikaanse kunstenaars moet hul harte oop maak, soos wat ons vir die doel doen,” het Koekemoer gesê.

Vermaak is gratis aangebied deur DJ Kyle Cassim, DJ Elrico Marx, Fultronbass en S.I.M.O.

Die funksie was ook grootendeels deur jong vroue onderskraag, wat die doel gesamentlik met die bewusmaking van borskaker ondersteun het.

Vir meer foto’s, sien looklocal galleries.

Related Articles

Back to top button