Local newsNews

AfriForum bult spiere om paaie op te ruim

Spanne is gemobiliseer om opruimingstake te verrig na hewige storms

Na hewige donderstorms op 6 Januarie, is spanne van AfriForum Benoni-tak tesame met verskeie plaaslike veiligheidsmaatskappye ontplooi om skade wat die vloei van verkeer belemmer, op te klaar.

Vanaf 6 tot 7 Januarie, het 23 lede toegerus met agt kettingsae, bome en takke wat verskeie strate versper het, op gesaag en verwyder.

Twaalf bome is tydens die mobilisering in Lakefield en Western Extension verwyder.

“In ons opinie is dit belangrik dat gemeenskapstrukture weet hoe om in noodsituasies op te tree om hulself en die gemeenskap veilig en netjies te hou,” sê Jurie Ferreira, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

“Samewerking tussen verskillende plaaslike strukture is uiters belangrik en suksesse soos hierdie word deur doeltreffende kommunikasie tussen die gemeenskap en rolspelers gedryf.

“Hierdie aksie wys weereens die krag van ‘n gemeenskap wat saamspan.”

LEES OOK: AfriForum vul slaggate

LEES OOK:  AfriForum pak skoonmaak van die dorp aan

   

Related Articles

 
Back to top button