Local news

Hans Moore wen drie revue titels

“Ons skool is wit warm met talent”

Hoërskool Hans Moore se We will rise revue het onlangs drie titles gewen, insluitend die Suid-Afrikaanse Kampioeskap by die Mosaïek Teater.

Die skool is ook aangewys as die algehele wenners van 8 Beats en Kaleidoscope, waartydens hulle teen 10 hoërskole landswyd deelgeneem het.

Voorbereiding vir die jaar se glans optredes het al in Desember 2021 begin, met produksie organiseerder en onderwyser, Leila Coetzee, wat data verbrand het gedurende die somer-vakansie om die regte musiek blyspel saam te stel om die boodskap uitlopened oor te dra aan die gehoor.

“Kompeteerende revue is heeltemal anders as om ‘n vollengte produksie saam te stel,” het Coetzee gesê.

“Die span het uit 120 leerlinge bestaan en ons het slegs 15 minute op die verhoog gehad.”

Die revue groep se opening.

Volgens Coetzee was dit vir elkeen uiters belangrik dat die boodskap van introspeksie, vernuwing asook triomf oor die wêreldwye pandemie te beklemtoon.

“Gedurende die isolasie wat ons elkeen gedurende die afgelope twee jaar beleef het, het ons elkeen na ons eie leefstyl en gebreke gekyk om ‘n uitweg te vind uit die ‘nuwe normaal’ naratief,” het sy gesê.

“Met die revue het ons nie slegs daardie boodskap na die verhoog gebring nie, maar dit was kenmerkend hoe die voorbereiding oorgespoel het in die klaskamers. Nuwe vriendskappe is gesmee en groepe wat soms in die verlede sou bots, het beter aanklank en gemeenskaplike respek vir mekaar ontdek.”

Sy voer verder aan dat met die opwinding van die revue het leerders beide op die verhoog en in die klas baie hard gewerk om ‘n balans tussen akademie en kuns te behou.

Om terug op die planke te kon wees het ook daartoe gelei dat nuwe talent in die skoolbanke ontdek is.

Die volledige Hoërskool Hans Moore revue groep.

“Al ons musieknommers is opgeneem met ons leerlinge se stemme. Ek het stemme ontdek wat ek nooit op die speelgrond teegekom het nie,” het Coetzee gesê.

Na ‘n aksiebelaaide kuns en kultuur seisoen, is dit vir eers tyd vir boeke vat en voorbereiding vir die jaareind eksamens.

Coetzee beoog wel om in 2023 ‘n vollengte revue aan te bied wat beloof om die gehoor se voete te laat klap.

LEES OOK: Hans Moore to host fundraiser for coach

LEES OOK: Hans Moore is trots op hul netbalspelers

   

Related Articles

Back to top button