Local newsNews

AfriForum pak skoonmaak van die dorp aan

Volhoubare projekte bly steeds tak se fokus.

Die AfriForum-tak in Benoni het onlangs onderneem om verskeie areas van die dorp skoon te maak.

Die organisasie het hoofsaaklik gefokus op ’n beboste kleinhoewe in Orchardsweg, die Ikhaya Da Luz Children’s Safe Haven and Foster Home asook die Sinethembe Hope House.

Die span het gras gesny, bome gesnoei en rommel opgetel terwyl instandhouding en herstelwerk ook by die kinderhuise gedoen is.

“Lang gras in openbare spasies bied wegkruipplek vir kwaaddoeners en veroorsaak dat misdadigers nie vasgetrek kan word nie” sê Achilles Mouyis, voorsitter van die tak.

“Dit is dus vir ons belangrik om die oop areas skoon te maak, veral naby die kwesbaarste lede van ons gemeenskap, soos dié kinderhuise. Alhoewel veiligheid vir ons baie belangrik is, is dit nie die organisasie se enigste doelwit nie, die projek dra ook by tot die algehele netheid van hierdie areas.”

AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand, Petrus Coetzee het by gevoeg dat dit lekker is om te sien dat die plaaslike tak toenemend eienaarskap van hul gemeenskap neem.

“Ons sal voortgaan om die gemeenskap te ondersteun en volhoubare projekte te identifiseer om sodoende ’n beter omgewing te probeer skep,” sê Coetzee.

Vir meer inligting oor die Benoni-tak se werksaamhede, stuur ‘n e-pos na benoni@afriforumtak.co.za.

LEES OOK: Benoni AfriForum kry die werk gedoen

LEES OOK: AfriForum Benoni brings joy to children, elderly

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button