EntertainmentLifestyle

Rudi Claase vir 21ste jaar in die musiekbedryf

2022 is die mylpyl vir die sanger as 21 jaar in die musiek bedryf.

Rudi Claase van Rynfield is ’n bekende en bekroonde Suid-Afrikaanse musikant en liedjieskrywer, met talle treffers op sy kerfstok.

Rudi het in Vereeniging groot geword en was van ’n jong ouderdom af versot op musiek. Hy was maar vier toe hy homself begin leer het om klavier te speel en het regdeur sy skoolloopbaan aan konserte en kompetisies deelgeneem, ten spyte van talle persoonlike uitdagings.

Alhoewel hy uit die staanspoor naam gemaak het as musikant en liedjieskrywer, het hy eers in 2009 amptelik ’n huishoudelike naam geword as deel van die duo, Ons Lieflinge, saam met Corlea Botha.

Na twee dekades in die musiekbedryf, het hy ’n indrukwekkende CV – vol hoogtepunte – opgebou wat vier Huisgenoot Tempo’s, vier Ghoemas, drie Vonk-toekenning, ’n ATKV-Afrikoon en ’n VCR-toekenning insluit, asook ’n goue (Die Engele Sing) en twee dubbel-platinum albums (Ons Lieflinge, Drome) en ’n dubbel-platinum DVD (In Konsert).

Rudi Claase Foto; Verskaf

Hy is ook onlangs benoem vir ‘n Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaar toekenning as Beste Afrikaanse Liedjieskrywer. Hy het in 2019 ‘n Afrikoon Toekenning ontvang van die ATKV vir sy bedrae tot Afrikaanse musiek. Dié talentvolle ster het nog altyd die kuns verstaan om met mense se harte te laat praat.

Rudi het hy ook al musiek geskryf vir talle groot kunstenaars, soos Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Kurt Darren, Bobby van Jaarsveld, Nádine, Arno Jordaan , Sonja Herholdt, Liesel Pieters, andriette Norman en vele meer Die Nederlandse ster, Belinda Kinnaer, het ook sy liedjie, Sewe Oseane, na Nederlands vertaal en dit was ’n groot treffer oorsee.

2022 is die mylpyl vir die sanger as 21 jaar in die musiek bedryf en om dit te vier, toer hy die landwyd met sy nuutste vertoning Van my Wysie Af.

Vir die eerste keer in sy loopbaan, sal hy met ondersteuners deel wat die inspirasie agter elke treffer was en dit self op sy eie manier sing. Hierdie is a vertoning wat mens nie kan waag om mis te loop nie.

Die sanger het ’n baie diverse musieksmaak en meen dat klassieke legendes, soos Mozart, die grootste invloed gehad het op sy eie musiekstyl. Hy sal nog graag eendag vir Amanda Strydom ’n liedjie wou skryf en deel dat hy graag ’n sielkundige sou wou wees as hy nie kon sing nie.

Oor die jare het die musiekbedryf hom geleer om nie werk met vriendskap te verwar nie en om nie bang te wees om sy waarheid met die wêreld te deel nie.

“Musiek is my lewe en alles wat ek voel vorm ’n melodie in my binneste. As jongman was ek eintlik baie skaam, maar musiek was nog altyd die sole onder my voete.
“Dit is nog altyd vir my ’n groot eer om die geleentheid te gebruik om my waarheid met mense te deel op die verhoog en te sien hoe dit mense raak. Ek dank elke dag my Skepper vir die voorreg om op so ’n wyse ’n verskil te maak,” sluit hy af.

Also Read: Rudi Claase weer tuis na ligte beroerte

Also Read: Rudi Claase se loopbaan gaan steeds van krag tot krag

   

Related Articles

Back to top button