Local newsNews

Trotse Afrikaner skryf vir die moderne vrou

MacKenzie Park inwoner Magda Swarts sê haar eerste boek is deur slapelose nagte geïnspireer en vertel hoe sy spontaan begin skryf het toe sy ’n idee vir die storielyn gekry het.

Magda Swarts sê haar eerste boek is geïnspireer deur slapelose nagte en vertel hoe sy spontaan begin skryf het toe sy ‘n idee vir die storielyn gekry het.
Soos sy geskryf het, het haar gedagtes as draaipunte vir die storie gedien.
Sy vertel hoe sommige outeurs presies weet hoe hul karakters lyk, hoe hulle optree en beplan die hele storie voordat hulle begin skryf.
“Ek is glad nie so nie, ek begin net skryf,” proklameer sy.
Haar boek is in vyf weke klaar geskryf.
Vreemdeling In Die Skemer vertel die storie van ‘n weduwee (Lena) wat nie gedink het sy sal weer vir ‘n man kan lief wees nie.
Tot haar verbasing ontmoet sy vir Dries; ‘n ryk man wat reeds alles het waarvan enige mens kan droom.
Lena begin voel asof sy nie goed genoeg vir Dries is nie maar die storie ontbloot watter tipe mens Dries eintlik is.
Swarts meen dat baie vroue met Lena sal kan indentifiseer al is sy suiwer fiktief; sy is ‘n “plain mens” wat nes meeste middeljarige vroue al diep smart, liefde en onsekerheid ervaar het.
Sy herken ook dat “die boek is ‘n bietjie stout” en wys die ouderdomsbeperking van agtien agter op die omslag uit.
Sy giggle en verduidelik dat sy bekommerd was oor Afrikaners se persepsie van hygliteratuur.
Sy het gedink dat Afrikaners sou vaskop teen die idee maar vertel dat haar terugvoer dui daarop dat dié tonele tog nie te gewaagd is vir volwassenes nie.
Swarts is opgewonde en verbaas dat haar droom om ‘n skrywer te wees só ver gekom het.
Sy wys na ‘n kopie van Vreemdeling In Die Skemer wat op ‘n tafel rus.
“Ek glo mens moet uit jou eie foute leer so ek het vir almal gevra om ‘n doodeerlike opinie oor die boek te gee maar ek het tot dusver nog net goeie terugvoer gekry,” sê sy trots.
Sy beskryf haar eerste roman as “net ‘n lekker Afrikaanse storieboek wat maklik is om te lees.”
Haar gunsteling skrywer is Susan Coetzer maar haar boeke het ‘n ander skryfstyl, wyer storielyne en meer karakters.

Lees: Pedestrian dies in N12 accident

Follow us on these platforms:

Like our Facebook page and follow us on Twitter.

For news straight to your phone invite us:
WhatsApp: 079 431 1217

Instagram: benonicitytimes.co.za

Related Articles

Back to top button