Local newsNews

Cantare koor lok honderde in Farrarmere optrede

Die Cantare Jubiloso koor het hul mees onlangse musiekproduksie, “Kruishoutklanke” onlangs in verskeie dorpe opgevoer, ingesluit in Benoni se NG Jubilaté Kerk in Farrarmere.

Die koor, onder leiding van Prof Gideon Els, is in Maart 2014 gestig.

“Al is ons nie ‘n professionele koor nie, spog ons met ‘n uitgebreide repertoire van meer as 100 werke in beide die geestelike en sekulêre genres,” sê Lanie Coetzer, die koor se bemarkingskoördineerder.

Hulle oefen op Dinsdae by die Nederduitsch Hervormde Kerk – Benoryn, in Rynfield.

Die sanggroep gaan die Engelse weergawe van hul konsert, “Echoes from the Cross” op 9 April in die St Dunstan’s Cathedral in Woburn Avenue opvoer.

Dié konsert begin om 6nm en ingang is gratis.

Vir meer inligting, kontak Coetzer op 082 940 9001.

 

Lees ook:

Leerder se kuns in digbundel

Volg ons op dié platforms:

Volg ons Facebook blad en Twitter.

Instagram: benonicitytimes.co.za

Vir nuus direk na u selfoon, nooi ons op Whatsapp: 079 431 1217

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button