Local newsNews

Kook lekker saam met Benoni se Breker

Die ''Breker van Benoni'' het al op meer as 100 episodes gekook, op die Kyknet program, Toks 'n Tjops.

Tommy Dickson, ‘n Northmead inwoner, het onlangs met die City Times kom gesels.

Dickson was ‘n leerder by die Laerskool Northmead en het daarna Hoërskool Hans Moore bygewoon.

Hoe was dit om in Benoni groot te word?

Dit was natuurlik awesome, hier is lekker mense, vriendelike mense, ek kon nog in die strate speel toe ek klein was.

Ek geniet dit nog hier, ek sal in Benoni bly vir so lank as wat ek kan.

Hoe lank kook jy al?

Ek kook al van jongs af, toe ek daarvan begin hou het.

Ek het na skool bietjie geleer en nou werk ek al 15 jaar vir Weber Braai, ek braai soms vir hulle ook.

Ek is deur Pick n Pay genader om op Toks ‘n Tjops uit te help en het nou al oor die 100 episodes gedoen as kok.

Waar kom die bynaam ”Breker van Benoni” vandaan?

Dis maar net Breyten op die show (Toks ‘n Tjops) wat met my spot en my siel uit trek.

Hy noem my die ”Breker van Benoni” of soms die ”Bul van Benoni”, omdat ek ‘n Blou Bul ondersteuner is.

Sal jy wil aanbly by Weber en Toks ‘n Tjops?

Ek is nog baie gelukkig by Weber en nog gelukkig by Toks ‘n Tjops, ek sal wil aangaan tot die einde van die show.

Hoe het jy by Toks ‘n Tjops begin?

Pick n Pay het my genader om op ‘n paar episodes te help as konsultant en om van tyd tot tyd betrokke te raak op die show, toe sê ek: ”Hoekom nie?”

Hulle het vir my die kans gegee en nou is ek die alleen sjef op die show en ek kyk nie om nie.

Ek ontmoet soveel wonderlike mense elke keer, ons land se beste sportsmense, ek ontmoet bekende sangers, so dis ‘n hele ”experience” om daardie mense te ontmoet en vir hulle te braai en om te kan sê ek het vir hulle gebraai.

Hoe het Toks ‘n Tjops jou lewe verander?

Daar was baie aanpassings, ek kom agter mense sien my, mense groet my, vra vir fotos, maak altyd grappies.

Mense hou jou dop, hulle kyk wat jy doen, dis die ”scary” gedeelte.

Jy het ‘n kwalifikasie as kok, waar het jy dit gekry?

Ek het by HTA in Randburg geleer, waar ek lverlede jaar my kwalifikasie gekry het.

Dit vat baie disipline om dit te maak, jy moet ‘n passie daarvoor hê.

Watter advies kan jy aan aspirerende kokke gee?

Dis ‘n harde bedryf, as jy jou eie restaurant wil open is dit lang ure en moeilike ure, jy moet weet waarvoor jy jouself inlaat, jy moet dit regtig doen vir die passie en die liefde vir kos.

Related Articles

Back to top button