LettersOpinion

Egpaar bedank SAPD

My man en ek is Saterdagaand, 8 Junie deur drie gewapende rowers in ons huis oorval.

Ons wil graag die volgende persone bedank:

Mamba vir die vinnige optrede, hulp en ondersteuning.

Edenvale polisie wat baie vinnig op die toneel was en alles professioneel hanteer het.

Die persone wat ons verklarings afgeneem het, het ons met deernis en empatie behandel.

Die vingerafdrukdeskundiges wat nog dieselfde aand die toneel besoek het.

Die paramedikuste, Matthew en Candice, wat ons al die tyd gemonitor en ondersteun het. Julle is werklik twee besondere mense.

Ian en Linda Mckensie wat vinnig op die toneel was en ons weer Sondag met blomme en sjokolade besoek het.

Die polisie reserviste, Vaughn en al die ander persone wat ek nie eers ken nie.

Die personeel van Arwyp Hospitaal in Kempton Park.

Dominee Lafras Lombard wat tenspyte daarvan dat hy sy verjaarsdag saam met familie gevier het, dadelik gekom het.

Al die baie vriende en familie vir die besoeke, oproepe en voortdurende ondersteuning.

Ons kinders Kobus, Jackie en Francois wat alles oorgeneem het, ons nooit alleen gelos het nie en elke dag ondersteun.

Related Articles

Back to top button