Plaaslike dokter lig opinie oor inenting

Dr Francois Nieuwoudt lig sy mediese opinie oor die meningsverskille wat voortduur rondom die Covid-19 inentings.

Suid Afrika beleef tans die derde golf van die Covid-19 pandemie, en op grond hiervan is die land na aangepaste vlak drie inperkingsregulasies vanaf 16 Junie opgeskuif .

Ten spyte van die daaglikse Covid-19 syfers van ongeveer 13 000 gevalle wat steeds styg, is daar nogsteeds baie meningsverskille oor die inentings.

HERAUT het met Dr Francois Nieuwoudt gesels oor hoe hy vanaf ‘n mediese oogpunt oor die inentings voel.
“Gebasseer op die data wat ons tans tot ons beskikking het rakende die kliniese proewe van die inenting, glo ons dat die inenting ‘n grootlikse positiewe invloed het,” sê Nieuwoudt.

“Dit is omdat die inenting nie net ‘n mens self beskerm teen ernstige infeksies nie, maar ook omdat dit help om die mense rondom jou te beskerm.

Suid-Afrikaners bevind hulself tans in die derde golf van die Covid-19 pandemie.

“Die voordele van die Covid-19 entstof is steeds meer as die risikos wat daarmee gepaard gaan as mens die virus kry.

“Tans het ons geen alternatief as om ons maskers te dra, onself te ontsmet, ons afstand te hou en om te beoog om kudde-immuniteit te behaal deur die inentingsprogram nie.

“Daar is ook internasionale sprake rondom ‘n entstof-paspoort wat gebruik kan word vir werk- en toerdoeleindes om sodoende die verspreiding van die virus te keer sonder dat daar inperkingsmaatreëls in plek gestel moet word.

“Tussen al die samesweringsteorieë en mites wat in die media te vinde is moet ons onthou dat entstowwe regdeur die geskiedenis al effektief bewys was teen lewensgevaarlike virusse soos breinvliesontsteking, masels, hepatitis, hondsdolheid en die plaag,” sluit Nieuwoudt af.

‘n Nuwe inentingstasie van Life Suikerbosrand Hospitaal sal binnekort in Heidelberg oopmaak.

Met die voorgesette uitrolprogram van die Covid-19 entstowwe is daar steeds baie meningsverskille.

Inwoners van Nigel en Heidelberg kan ook hul inentings by die volgende inentingstasies kry:

• Ratanda Multipurpose Centre op die hoek van Heidelberg Weg en Mokonane Straat

• Dunnottar Kliniek wat geleë is te Nigel Laan, of

• Die Duduza Kliniek, geleë te 3 Nala Straat.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version