KYK: Snikkende vriende groet hul maat by ongelukstoneel

Daar is saam gebid en sy maats is die geleentheid gegun om hul vriend te groet.

Rou smart het  gistermiddag (Dinsdag) laat vir ‘n wyle geseëvier oor sosiale distansiëring  en inperking reëls, toe honderde mense afskeid geneem het van Damian Gruen, op die plek waar hy Maandagaand in ‘n motorongeluk gesterf het.

Dié gewilde matrikulant van Hoërskool Die Anker is Maandagaand net voor 7nm oorlede in ‘n ongeluk wat in Voortrekkerweg, naby die Tweedy Park Kompleks, plaasgevind het.

Damian was in die passasiersitplek van die voertuig, wat deur sy ouer broer Keenan (21) bestuur is en hul jonger sussie Amber (9) was agter in die kar.

Keenan is beseer maar na behandeling uit die hospitaal ontslaan.

Amber, wat in ‘n staats hospitaal opgeneem is, se beserings was egter ernstig en daar sal vandag gepoog word om haar na privaat hospitaal te laat oorplaas.

Die persoon wat in hul voertuig vasgejaag het, is op die toneel gearresteer.

Damian se ouers Cindy du Plessis en Rudi Gruen asook  familie, vriende, vriendinne, onderwysers en belangstellende publiek het  gistermiddag laat op die plek waar die ongeluk plaasgevind het, byeengekom  om afskeid van die gewilde leerlingraadslid en kranige rugbyspeler te neem.

Talle van sy rugby spanmaats het rugbyballe met boodskappe op die toneel gelaat.

Snikkende kinders het  blomme, rugbyballe met boodskappe daarop geskryf, kerse, medaljes, ballonne en gedrukte boodskappe geplaas op die toneel waar hy gesterf het.

Sy skoolmaats het openlik gehuil en agter gesigmaskers was rooi oë vol hartseer oral te sien.

Die pad is vir ‘n geruime tyd deur die Ekurhuleni se verkeerspolisie afgesper om vriende en familie die geleentheid te gee om op ‘n gepaste wyse afskeid te neem.

Daar is saam gebid en sy maats is die geleentheid gegun om hul vriend te groet.

Honderde mense het gistermiddag (Dinsdag) afskeid geneem van Damian Gruen.

Leerders, waarvan sommige in hul skooldrag was, het mekaar omhels en probeer om mekaar te vertroos.

Die gesin beskik nie oor ‘n mediesefonds nie en belangstellendes wat ‘n bydrae wil maak tot Amber se behandeling en ander uitgawes kan geld deponeer in die volgende rekening.

ABSA Bank

C du Plessis

9053922349

632005

Verwysing: Ons gee om

Rugbystewels met kerse en ‘n foto van ‘n gelukkige Damian Gruen.

Meer foto’s:

Local police host Covid-19 awareness campaign at Brakpan Taxi Rank

 

Lees: Kanker eis man slegs 28 dae na huwelik

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Exit mobile version