Sien Dowwe Dolla en Wicus van der Merwe, ’n komediese optrede

Die vertoning gaan by Carnival City op 4 Mei om 8nm plaasvind.

DOWWE Wicus en Dolla van der Merwe, ’n komediese optrede, gaan by Carnival City op 4 Mei om 8nm plaasvind.

“Dinamiet kom in klein pakkies” is ’n heel gepaste uitdrukking om Dowwe Dolla mee te beskryf.

En Wicus van der Merwe – sy ma het van kleins af gesê dat hy nie ’n skaam haar op sy kop het nie – so dit was onafwendbaar dat hy op die een of ander manier op die verhoog sou beland. Nogal fênsie!

Hierdie twee ikone van Afrikaanse komedie snoer nou kragte saam in die produksie Dowwe Wicus en Dolla van der Merwe.

Só lees die beskrywing vir die opkomende optrede: “Weg met die dwepers, die boepens-knolle, die moaners en die groaners. Weg met die hoitie-toitie-skeelooganties. Weg met die oorgenuansieerde polities-korrektes met hul brabbeltaal-diepsinnighede!”

Moet dit nie misloop nie. Besprekings kan gedoen word deur Computicket te skakel by 0861 915 8000, of bespreek aanlyn www.computicket.com. Vir groepbesprekings, skakel Lefra by (011) 815-3000 of stuur ’n e-pos na admin@lefra.com.

Read:

Petronel Baard at Frida’s Coffee Bar, Albemarle, on May 13

What’s on in Alberton

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version