’n Middag gevul met klassieke klanke deur internasionale groep

Sedert die ontstaan van Fjarill het ses albums reeds die lig gesien en ’n sewende word eersdaags tydens ’n galakonsert in Hamburg vrygestel.

‘N INTERNASIONALE klassieke musiekgroep, Fjarill, kuier op 3 Maart by Ligstad.

Die duo Fjarill (Sweeds vir vlinder) bestaan uit die Sweeds-gebore Aino Löwenmark (vokaal en klavier) en die Suid-Afrikaans-gebore Hanmari Spiegel (viool, klavier en vokaal).

Aino en Hanmari maak sedert 2004 saam musiek en so het Fjarill spontaan tot stand gekom. In 2011 ontvang hulle die interkulturele Global Ruth World Music-toekenning in Duitsland. Sedert die onststaan van Fjarill in 2004 het ses albums reeds die lig gesien en eersdaags word hulle sewende album tydens ’n galakonsert in Hamburg, waar beide die musici woon, vrygestel.

Die musiek en lirieke word deur hulself in ’n outentieke musiekstyl geskryf wat reeds in Duitsland, Oostenryk, Switserland Swede en Luxemburg by oud en jonk groot byval gevind het. Verskeie vleiende Fjarill-konsertresensies verwys na die oorheersende etniese musiekelemente uit Skandinawië en Suid-Afrika wat met elemente van Anglo-Amerikaanse en Europese moderne popmusiek en jazz gekombineer word.

Hulle (eerste) kort besoek aan Suid-Afrika sal konserte in Kaapstad, Underberg, Alberton (Ligstad Gemeente 3 Maart) en Pretoria (NG Oosterlig, 4 Maart) insluit, asook werkswinkels met jeuggroepe (ter wille van musiekwaardering en -verryking) in Houtbaai, Underberg en Soshanguve.

Moet nie Fjarill se vertoning op 3 Maart om 4nm by Ligstad in die ou Eeufeeskerk, hoek van Gerrit Maritzstraat en Van Riebeecklaan, Alberton Noord, misloop nie.

Kaartjies is beskikbaar teen R50 per persoon en koffie of tee en koek sal na die tyd beskikbaar wees.

Vir navrae en besprekings, kontak Peter by 079 693 3666.

Kaartjies ook by die deure beskikbaar.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version