Moenie Meat World se musiekfeeste mis nie

“Hierdie is vir ons ‘n lekker manier om vir ons kliënte dankie te sê vir die wonderlike ondersteuning."

OP 5 Augustus word heerlike musiekfeeste by al die Meat World-takke gehou, danksy Meat World by die Springs Mark, K90 Sentrum in Boksburg en Meat World by die Meadowdale Value Centre in Edenvale.

Meat World gee ook 14 Suzuki Swifts weg by alle takke van Meat World op 5 Augustus. Om aan hierdie kompetisie deel te neem, moet jy meer as R100 by enige tak van Meat World spandeer en dan jou inskrywingsvorm met kasregisterstrokie in die kompetisieboks gooi.

LIZZ MEIRING: Sy gaan die seremoniemeester by die Springs Meat World-tak wees.

Daar sal ’n vlooimark by die Meat Worlds by die Springs Mark, K90 Sentrum en Meadowdale Value Centre gehou word. Om ’n stalletjie te bespreek, skakel vir Lefra op (011) 815 3000 of 083 254 7293.

SAARKIE: Die groep gaan by die Springs Meat World-tak optree.

Verskeie bekende Afrikaanse musiekkunstenaars gaan ’n gratis optrede by die verskeie Meat World-takke gee. By die Springs Meat World tak gaan die skreeusnaakse aktrise, Lizz Meiring, die seremoniemeester wees. Platinum-ster, Refentse, sowel as die meisie-band, SAARKIE, Lance James en DJ Ossewa gaan ook optree. RSG gaan ook ’n regstreekse uitsending van BREKFIS MET DERRICH doen, waar besoekers die geleentheid sal hê om Derrich Gardner te ontmoet.

LANCE JAMES: Hy gaan by die Springs Meat World-tak optree.

Boksburgers sal dan ook die geleentheid hê om by die K90 Sentrum die volgende kunstenaars te geniet: Hennie Smit as seremoniemeester; Francois van Rensburg, DJ Ossewa, SAARKIE en Dozi wie almal die verhoog op horings gaan neem.

REFENTSE: Hy gaan by die Springs Meat World-tak optree.

By die Meat World Edenvale kan Edenvalers uitsien na Derrich Gardner as seremoniemeester en Dirk van der Westhuizen, Francois van Rensburg en Lance James as kunstenaars.

DJ OSSEWA: Die groep gaan by die Springs Meat World-tak optree.

Die besturende direkteur van die Meat World Groep van Maatskappye, Angelino Pereira, sê dat die Meat World musiekfeeste al vir die afgelope 25 jaar aangebied word. “Hierdie is vir ons ’n lekker manier om vir ons kliënte dankie te sê vir die wonderlike ondersteuning. Ons gee ook 14 motors weg en dit is vir Meat World baie lekker om 14 van ons kliënte op hierdie manier te bederf.” Pereira sê ook dat hy baie trots is op die manier wat Meat World gemeenskappe bedien. “Dit is vir ons so belangrik dat elke Meat World sal teruggee aan die gemeenskap. Juis daarom nooi ons almal om hierdie wonderlike musiekfeeste gratis saam met ons te kom geniet.”

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version