Fiela se Kind is terug

Die boeiende Fiela se Kind van Lefra opgevoer by Emperors Palace.

NOG altyd in die harte van die Suid-Afrikaners is die boeiende Fiela se Kind.

Geskryf deur een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde skrywers, wat tans onder haar geliefkoosde groot Knysna bome in die bos begrawe is, Dalene Matthee. Haar intense navorsing van hoe die bosbouers en mense in die Knysna woude lewe en die gevaar van die woude waar menigde kon verdwaal en ook verlore raak, word vasgevang in Fiela se Kind.

Die milieu waarin die drama afspeel is die Knysna omgewing en die woude rondom die pragtige dorpie wat sy in 1871 ontstaan het.

Fiela se Kind toer vanjaar landwyd en besoek Emperors Palace van 20 Junie tot 2 Julie.

Suzanne van Wijk het Fiela se Kind vir die verhoog verwerk en Frans Swart hanteer die regie. Swart het die produksie reeds twee keer in die verlede aangebied in 1997 en 2007. Hy sal dit vir die derde keer aanbied en het Sharleen Surtie-Richards oorreed om weer haar rol in Fiela terug te neem.

Na 30 jaar is daar ook ‘n nuwe generasie wat Fiela se Kind nog nooit op die verhoog gesien het nie.

Swart sê dat hulle deur ‘n landwye soektog is vir veral ‘n jong Benjamin en jong Nina. “En nadat ons regoor die land meer as 300 kinders gesien het, het ons uiteindelik ons nuwe Benjamin, Vian Singleton van Meyerton en Nina, Jaime du Toit van Vereeniging, gevind. Hierdie twee is ongelooflik talentvol en gaan beslis die baie belangrike rolle van die jong Nina en Benjamin volstaan. Ek is net so opgewonde oor Shaleen Surtie-Richards, die oorspronklike Fiela. En dan het ons twee wonderlike jong akteurs as die ouer Nina, Marissa Claasen en die ouer Lukas, Phillru van Achterbergh.”

Die res van die rolverdeling is:

Elias van Rooyen (Bosman) – Paul Lückhoff

Barta van Rooyen (Bosvrou) – Edrien Erasmus

Selling Komoetie – Johny Klein

Die sensusmanne – Dirk Vermeulen en Nardus van der Vyver

Willem van Rooyen – Divan Prinsloo

Tollie Komoetie – Graigan Swartz

Emma Komoetie – Marilise van Wyk

Besprekings kan deur Computicket gedoen word. Groepe van meer as tien en gasvryheidspakette: skakel 011 815 3000 of e-pos: admin@lefra.com

Exit mobile version