EntertainmentLifestyle

Trane rol by Moedersdagvieringe

Die trane het gerol.

OP ‘n vars Donderdagoggend het die Emmanuel mensies ‘n genoeglike tyd geniet by die Alberton LewenSentrum.

NICO Booijse, Afrikaanse musiek kunstenaar, het op 18 Mei die afgetredenes van Emmanuel se harte met vreugde gevul toe hy ‘n spesiale liedjie net vir die moeders gesing het. Met die Moedersdag-gees nog in jonk se hart het hy ‘n spesiale liedjie genaamd Die Hart van ‘n Moeder aan sy ma, Toetie Booijse, en sommer al die ander ma’s wat wou luister, opgedra. Die trane het gerol.

“Dit is heerlik om vir my kind te luister as hy sing,” het Toetie gesê. Nico het van sy nuwe album, Moet My Nooit Laat Gaan Nie, af gesing, asook ander bekende liedjies deur verskeie bekende kunstenaars, en baie van die mense het lekker saamgesing. Nico was boonop ook vol grappies en het almal heerlik laat lag met sy sê-goed.

Na sy optrede het almal lekker gesmul aan eetgoed by die pragtig-versierde tafels. “Ons sien werklik uit na ‘n volgende keer se kuier van Nico en Toetie,” sê Hanta Schutte, namens Emmanuel.

Emmanuel is ‘n interkerklike beweging waar almal welkom is. Indien jy belangstel om ‘n lid te word, kontak gerus vir Marelie Rabie gedurende kantoorure op 011 864 1285.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button