EntertainmentLifestyle

Nog ‘n fantastiese oplewering

Op die oppervlak gaan die liedjie oor die menslike neiging om die persoon op wie jy verlief is te wil verander en red.

Die Heuwels Fantasties se vyfde album, OKAY!, is op 5 Mei uitgereik en aanhangers kan nie genoeg kry nie.

Kyk die video hier: 

Een van die eerste enkelsnitte op die album, wat reeds op radio gehoor kan word, is die liedjie Koeëlbaai, in samewerking met die bekende kletsrymer JR. Dié liedjie se musiekvideo is op 19 Mei bekendgestel.

“Koeëlbaai is ‘n spesiale liedjie vir ons”, vertel Hunter Kennedy. “Janine Neethling het die klavier meesterlik bespeel en sodoende vir ons die maatstaf verhoog. Dit is ons almal se gunsteling liedjie op die album. Dit vat ons manifes vir die album goed saam. Eenvoud. Ongerepeteerde emosie. Organies. Ons het vir JR gemis en gedink dat die liedjie ‘n kort kletsrym vers nodig het. Hy is die beste en sy geniale sin vir melodie het die liedjie na verdere hoogtes geneem. Op die oppervlak gaan die liedjie oor die menslike neiging om die persoon op wie jy verlief is te wil verander en red. Koeëlbaai en Alpha Centauri is simbole vir die hoogtes en laagtes in ‘n romantiese verhouding. Vir my, persoonlik, is daar wel ander vlakke aan die liedjie en gaan dit oor versoening, oud raak en aanhou, al voel dit asof alles ineenstort.”

OKAY! is nou landswyd beskikbaar by alle goeie musiekwinkels op iTunes. Die album en vinyl kan ook by www.suprashop.co.za bestel word.

* Vrygestel deur Alishia van Deventer, Starburst Promotions.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button