EntertainmentLifestyle

KOMPETISIE: Wen met Die Sneeukoningin 2

Staan ‘n kans om te wen met Die Sneeukoningin 2.

DIE Sneeukoningin 2 gaan weer vanaf 25 November begin draai en 15 gelukkige lesers kan die kans staan om of ’n T-hemp van Die Sneeukoningin 2 of ’n DVD van Die Sneeukoningin te wen. Dit word deur Indigenous Film Distribution in Suid-Afrika uitgereik en is deur Wizart Animation en die Bazelevs Groep vervaardig.
Al wat lesers moet doen is hulle naam, van, selfoonnommer en hoekom hulle wil wen na elzaanp@caxton.co.za aan te stuur. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 16 November om 12:00.
Die RECORD sal dan per e-pos die wenners laat weet waar hulle, hul pryse kan afhaal.

Meer oor Die Sneeukoningin 2
Die verhaal van Die Sneeukoningin (The Snow Queen) is gebaseer op die oorspronklike klassieke sprokie wat deur Hans Christian Andersen geskryf en in 1845 vir die eerste keer gepubliseer is. Die verhaal handel oor die stryd tussen die goeie en die slegte wat ’n klein seuntjie en dogtertjie – Gerda en haar broertjie Kai – aanpak.
In Die Sneeukoningin 2 word die storie verder gevoer. Na hulle oorwinning oor die Sneeukoningin het die trolle ’n smaak vir vryheid ontwikkel. In hierdie opwindende en gevaarlike avontuur leer Orm dat ’n mens nie vriende, geluk en ware liefde deur middel van bedrog kan bekom nie.

Ghoema-wenner Leah sing ’n nuwe oorspronklike liedjie vir die rolprent en is ook die stem van die film se heldin Gerda. Leah het vanjaar een Ghoema- en drie Huisgenoot Tempo-toekennings verwerf as Beste Nuweling, Beste Liedjie en Beste Musiekvideo vir haar debuutalbum Wonderwerk. Sy het boonop ook ’n toekenning vir Beste Vroulike Kunstenaar by die onlangse Bokkie-toekennings, wat jaarliks deur Bok Radio in die Kaap aangebied word, ontvang.

Maak My Dag, geskryf deur Johan Vorster en Christoph Kotze, is n splinternuwe enkelsnit wat op Leah se nuwe deluxe-album is en ook as die temalied van Die Sneeukoningin 2 verskyn.
Bekende liedjieboer Vorster was medeskrywer van die musiek vir die plaaslik vervaardigde musiekblyspele, Ons vir Jou, Jock of the Bushveld en Shaka Zulu – The Musical. Hy het ook die grootste deel van die musiek vir die Suid-Afrikaanse rolprent, Platteland, gekomponeer.

Ander Afrikaanse stemme word vertolk deur Pierre Breytenbach (Orm), Christine Voorendyk (Alfida) en Richard van der Westhuizen is Generaal Arrog. Die stemregie vir Die Sneeukoningin 2 is behartig deur Rina Nienaber wat ook die eerste film se Afrikaanse stemme geredigeer het. Ander bekende stemme sluit Lochner de Kock, Heidi Mollentze, Leila Etsebeth en Anton Dekker in. Die musiek in die film is deur Mark Willott, ’n Emmy-bekroonde komponis uit die Middelande van die Verenigde Koninkryk, behartig.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button