Henrico stel sy tweede enkelsnit vry

“BLY BY JOU is ’n liefdeslied soos baie ander, maar die lied het ’n dieper boodskap wat die luisteraars sal raak."

HENRICO Coetzer (23) se eerste enkelsnit en musiekvideo, Soos Reën – uit die pen van Joshua na die Reën, is in Mei bekendgestel en is ongelooflik goed deur TV-kanale en radiostasies landwyd ontvang.
Gedurende die week van 24 Oktober is sy tweede enkelsnit, Bly by jou, vanaf sy tweede CD, Dis wie ek is, bekendgestel.
Bly by jou is ’n liefdeslied soos baie ander, maar die lied het ’n dieper boodskap wat die luisteraars sal raak; dit het ’n sterk tema en melodie wat dit spesiaal maak,” sê Henrico.
”Ek wil graag hê dat die publiek mooi na elke woord sal luister en weer in liefde sal glo.”
As kannetjie van vyf het hy sy ouers al gewaarsku – sing gaan hy eendag sing. En dié eendag is nou.
“Dis my passie en al wat ek nog altyd wou doen,” vertel Henrico, wat as kind gereeld vertonings aanmekaar gesit het wat hy en sy sussie moes opvoer.
“Talente word nie sommer net vir jou gegee nie, dis jou verantwoordelikheid om dit te ontwikkel en te gebruik.”
Henrico tree gereeld op, veral by die Cansa-aflosmarathonne, waar hy die man is wat almal se lam bene aan die gang hou tot by die eindstreep.
Liefhebbers van die gewilde Blouhond-teater, in Pretoria, sal hom ook herken, aangesien hy gereeld daar optree.
Hy was ook deel van die ensemble in die musiekblyspel, Droomkind, waarin Bobby van Jaarsveld die hoofrol vertolk het.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version