EntertainmentLifestyle

Liewe Heksie kuier by die NG Kerk in Verwoerdpark

Die lentefees was een groot sukses.

DAAR was geen einde aan vermaak by die NG Kerk in Verwoerdpark se lentefees nie en Vrydagaand sal as hoogtepunt deur baie kleingoed onthou word.

Feestelikhede het alreeds op Vrydag, 2 September, afgeskop en die groot trekpleister was die Liewe Heksie-vertoning. Die skepper van Liewe Heksie, Verna Vels is vanjaar 80 jaar jonk en glo dit as julle wil, Liewe Heksie is vanjaar 50 jaar oud.

Maar Heksie word mos nooit ouer nie. Lefra Produksies toer reeds die afgelope drie jaar met baie suksesvolle Liewe Heksie-produksies. Om Verna se verjaarsdag te vier, het regisseur Frans Swart vir Verna oortuig om ’n splinternuwe Liewe Heksie-storie te skryf. So is die Liewe Heksie en die Tuindwergie-produksie gebore.

Kyk hier na die video van die ou Liewe Heksie:

“Ek wou nog altyd gehad het dat Heksie ’n tuindwergie ontmoet,” het Verna gesê, “en wou sien wat Heksie met die tuindwergie doen. En glo my, ek is seker sy gaan weer in die moeilikheid kom! Ons maatjies moet maar kom kyk wat vang Heksie met Casper, die tuindwergie aan.”

Frans het gesê dat hy baie opgewonde is dat Verna die nuwe storie spesiaal vir hom geskryf het en ook aan hom toevertrou het.

“Liewe Heksie het deur die jare so ’n groot invloed in my lewe gespeel, want ek was kameraman op die Heksie-televisiereekse. Behalwe dat ek grootgeword het met Liewe Heksie, het Heksie in my hart kom inkruip met die televisiereekse. Dit is vir my ’n besondere eer om Liewe Heksie en die Tuindwergie op te voer en dis so besonders, want dis ’n vars en splinternuwe storie,” het Frans gesê.

Voor pouse word Liewe Heksie en Botterblom opgevoer. Botterblom is Blommeland se koei wat vir die hele Blommeland melk verskaf. Maar Botterblom is kwaad. Karring, Blommeland se melkkabouter, laat niemand by Botterblom toe nie en Botterblom raak baie eensaam. Dan begin die poppe (of is dit nou koeie?) dans.

Ana van Achterbergh speel Liewe Heksie. Ander spelers is Botha Enslin (Kwaaitjie Kabouter, Mattewis, Geelheks, Borrie, Griet en Karel Kat), Debré Rossouw (Blommie Kabouter, Koning Rosekrans en Kerrie) en Phillru van Achterbergh (Casper die tuindwergie, Karring, die melkkabouter, en Borrie). Frans het ook die verhoogverwerking behartig.

Kinders het saamgedans en gesing en kon nie wag vir die produksie om te begin nie. Verder het die lentefees baie gelok en was dit een groot sukses.

Daar was lekker kerrie-en-rys, vetkoeke en pannekoeke en baie ander goedere te koop gewees. Die biertuin het ook talle gelok.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button