EntertainmentLifestyle

Dit is amper tyd vir Laurika Rauch

Laurika Rauch en koorvermaak uit die boonste rakke.

OP 9 September kan koorliefhebbers na liedere wat deur Laurika Rauch bekendgemaak is kom luister in die NG-Gemeente Alberton-Suid.

Laurika Rauch gaan ook die geleentheid bywoon waar ’n oorkonde deur die FAK aan haar oorhandig word vir haar bydrae tot Afrikaanse musiek. Kore wat deelneem is die Cantare Kinderkoor, Laerskool Randhart, Leeuwenhof Akademie, Laerskool Elspark, Laerskool Dalmondeor en Harmonia Meisieskoor. Elke koor sal ’n lied sing wat sy bekendgemaak het.

Kaartjies vir die konsert beloop R80 per persoon en kinders onder 12 gratis.

Vir diegene wat haar graag wil ontmoet is daar ’n onthaal en ’n “Groet en ontmoet” na die konsert. Daar is egter net ’n beperkte aantal kaartjies teen R150 per persoon vir die geleentheid beskikbaar. Kinders onder 12 wat ook die groet en ontmoet, bywoon se kaartjie vir die onthaal is R70.

Kaartjiebesprekings kan by “Concert bookings” op die www.cantare.org.za webwerf gedoen word.

Vir verdere inligting en vir besprekings vir die “Groet en Ontmoet”- onthaal skakel asseblief 082 257 1407 of stuur ’n e-pos na cantare1@telkomsa.net

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button